
=====================================================================
Leer hoe om werk te skep (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Leer hoe om werk te skep

Die Stigting vir Afrikaans begin binnekort met 'n reeks kursusse in sakegeletterdheid. Emmie Gouws   stel Judy Weber bekend,   wat die 
kursusse gaan aanbied. WERKLOSE mense wat sit en wag dat iemand hulle 'n betrekking aanbied, leef in 'n droomwreld. As jy nie werk kan kry 
nie, dan skep jy werk. Elke mens beskik oor vaardighede waaruit 'n inkomste verkry kan word, maar jy moet weet hoe om so 'n vaardigheid of 
talent in te span om geld te maak.

Dit is presies wat Judy Weber mense leer. Judy het die afgelope tien jaar 'n wenkursus in basiese sakegeletterdheid ontwikkel wat al talle 
mense in Suid-Afrika, Namibi en Mosambiek gehelp het om suksesvolle entrepreneurs te word.

Haar opleiding het bewys dat sukses as entrepreneur nie van geleerdheid afhang nie, maar van 'n wil om te slaag, te weet wat jy wil bereik 
en te weet hoe jy dit gaan regkry. Haar kursus, Winning Business Systems, wat onlangs in Afrikaans vertaal is en binnekort as projek van 
die Stigting vir Afrikaans in die Noord-Kaap gaan wegspring, bemagtig voornemende entrepreneurs en verskaf die eerste treetjie op die pad 
na sukses.

Judy is deur Business Partners (die voormalige Kleinsake-ontwikkelingskorporasie) en Mercedes-Benz SA bekroon as di sakevrou wat die 
meeste in die land gedoen het om ander vroue te help om ondernemings aan die gang te kry.

Hoewel di toekenning gedoen is vir haar werk met vroue, is daar ewe veel mans as vroue wat kan getuig hoe haar kursus, sonder fieterjasies 
en ho ekonomiese terminologie, hulle na sukses begelei het.

En baie van hulle het di opleiding in haglike omstandighede ontvang. Judy se leersstof het sy al onder bome op die platteland aangebied, 
in plakkerskampe, in tronke n in deftige opleidingslokale. Uiteindelik is dit nie wr dit aangebied word wat die resultate bepaal nie, 
maar wat die mense daar wys word.

Judy werk gewoonlik met mense sonder hoop, moedeloos en gestroop van selfvertroue.

"Ek begin altyd eers met 'n opbouproses om mense te leer om van hulself te hou, om in hul vermons te glo en dat 'n mens ten spyte van baie 
struikelblokke kan slaag."

Om dit reg te kry, gebruik sy eenvoudige maar treffende hulpmiddels soos 'n groot boks waarmee sy demonstreer dat 'n leerder eers moet 
uitklim uit dit wat hom/haar terughou.

Nog 'n goeie hulpmiddel is 'n eenvoudige handspieltjie. "Die meeste mense met wie ek werk het nie veel geleerdheid of opleiding nie en 
dikwels is hul selfbeeld baie swak. Deur hulle aan te moedig om in die spiel te kyk bereik jy waarnemings soos dat hulle kan sien hoe die 
wreld hulle sien: O wat moeg is, 'n siniese trek om die mond ens. Voor jy 'n gesonde selfbeeld kan h, moet jy van jouself hou en daarom 
is die spiel-metode baie geskik," vertel Judy. N die belangrike opbou van selfvertroue begin die leerders werk aan hul visie vir 'n 
onderneming. Dikwels is daar 'n geldmaak-geleentheid reg voor jou o wat jy nie raaksien nie, s Judy. "Ek probeer die leerders 'skerp' 
maak om sulke kanse te sien en te benut. Soms is dit eenvoudige dienslewering aan die bure, soos die verskaf van paraffien en kerse in 'n 
deel wat ver van die winkels af is. Soms is dit meer gesofistikeerd."

In haar kursus maak sy van heelparty ware verhale en gevallestudies gebruik. Dit is almal gevalle waarmee mense hulle kan vereenselwig, 
soos 'n vrou wat begin wasgoed was het vir een huisgesien en toe besef het dat jy met wasgoed heelwat kan verdien. Vandag het sy 'n paar 
kontrakte van instansies soos Korrektiewe Dienste, koshuise, hospitale ens. n sy kan aan baie mense werk verskaf.

Judy se kursus leer mense hoe om 'n eenvoudige maar werkbare sakeplan op te stel. Hulle leer hoe om 'n produk of diens te bemark, hoe om 
winsgrense vas te stel en hoe om hul geldsake te hanteer.

Judy is in Namibi gebore en het in die Noord-Kaap en die Vrystaat grootgeword. Sy was eers 'n verslaggewer, het toe 'n draai in die 
sakewreld gemaak en naderhand by die opleiding van werklose mense betrokke geraak. Hier het sy besef dat dit nie help as jy aan iemand 'n 
vaardigheid soos die herstel van motors, kleremaak of spyseniering leer en hulle weet nog steeds nie hoe om di vaardigheid in 'n 
winsgewende onderneming te omskep nie.

"Ek s altyd: Kry 'n idee, streef voluit daarna om dit vir jou te laat werk en omskep dit in iets lonends."

En dit is presies wat Judy Weber ook gedoen het. N sowat nege jaar se betrokkenheid in di veld het haar groot kans nou gekom. 'n Groot 
opleidingsgroep, Skills Excel, het haar en haar kursus by hulle magtige struktuur genkorporeer en nou beskik sy oor die soort 
infrastruktuur wat haar in staat sal stel om verder te groei en meer mense te help om as entrepreneurs te oorleef. Emmie Gouws is 
vryskutjoernalis.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6217.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

